Entertainment

’n Epiese film word hierdie Sondag gratis vertoon

Brother Sun, Sister Moon is ‘n epies-historiese film wat Sondag, 22 April by die Noordwes-Universiteit, gebou F2 lokaal G10 vertoon word.

 Die film handel oor die lewe van St. Franciskus van Assisi, die Italiaanse katolieke monnik en prediker wat bekend was vir sy beskerming van diere en die natuur.
Die regisseur Franco Zeffirelli gee ‘n poëtiese uitbeelding van die monnik se verhaal vanaf sy bekering tot sy besoek aan Rome. Die uitstekende kunsregie en stelinkleding het gesorg dat die film vir ‘n Oscar-toekenning benoem is.
Die vertoning begin om 15:00 en is gratis vir almal. Na die vertoning sal prof. John Botha ‘n bespreking oor die film lei. Die film word aangebied deur die Potchefstroom Kunsvereniging in samewerking met Potch Kunste van die Noordwes-Universiteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button