Entertainment

’n Epiese film word hierdie Sondag gratis vertoon

Brother Sun, Sister Moon is ‘n epies-historiese film wat Sondag, 22 April by die Noordwes-Universiteit, gebou F2 lokaal G10 vertoon word.

 Die film handel oor die lewe van St. Franciskus van Assisi, die Italiaanse katolieke monnik en prediker wat bekend was vir sy beskerming van diere en die natuur.
Die regisseur Franco Zeffirelli gee ‘n poëtiese uitbeelding van die monnik se verhaal vanaf sy bekering tot sy besoek aan Rome. Die uitstekende kunsregie en stelinkleding het gesorg dat die film vir ‘n Oscar-toekenning benoem is.
Die vertoning begin om 15:00 en is gratis vir almal. Na die vertoning sal prof. John Botha ‘n bespreking oor die film lei. Die film word aangebied deur die Potchefstroom Kunsvereniging in samewerking met Potch Kunste van die Noordwes-Universiteit.

Related Articles

Back to top button