NewsNews

Misdadigers teiken skole

Misdadigers teiken skole

VANDERBIJLPARK. – Dit wil voorkom of skole nou die teiken van georganiseerde misdaad geword het.
Sowat drie jaar gelede het ‘n vlaag van sewe inbrake by skole wanorde gesaai, en skole word nou gewaarsku om ekstra versigtig te wees. Verlede Donderdagoggend  12 April) het die Laerskool Totius deurgeloop toe die heining in Cortstraat geknip en daar by die kantore ingebreek is. Volgens die skoolhoof, mnr. Martin Erasmus, is al die rekenaars gesteel, die instapkluis is oopgesny en daarna is daar in die kleiner kluis binne-in ook ingebreek. In byna elke vertrek is verwoesting  gesaai en verskeie items is gesteel.
Saterdagoggend (14 April) is daar op Ankerskool toegeslaan, deur sinkplate op die dak oop te breek. Die alarm het die eerste keer net na 00:00 afgegaan, maar die  sekuriteit kon niks verdag opmerk nie. Net soos die inbraak by Totius, is albei kluise met ‘n slypsnyer (grinder) in vierkantige blokke oopgesny en al die rekenaars is gesteel. Dit wil ook voorkom of hulle met ‘n groterige vragmotor tot binne in die perseel gery het om die goedere op te laai. Mnr. Francois du Toit, skoolhoof van Ankerskool, sê hy het gelukkig na die Totius-inbraak sy personeel gevra om al die rekenaars te rugsteun en die geld in die kluis te gaan bank. Rekenaars, tweerigting radio’s en alles wat van waarde is, is egter gesteel. Die skade beloop sowat R200 000. Net die herstelwerk aan die kluise beloop sowat R7 500.

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button