NewsNews

Ngwathe opponeer VF Plus hofsaak

Die Ngwathe Munisipaliteit asook sy Speaker en munisipale bestuurder het kennis gegee dat hulle die aansoek gaan opponeer wat die Vryheidsfront Plus in die Hoë Hof ingestel het om ’n raadsvergadering wat op 5 Oktober 2017 gehou was onwettig te laat verklaar en afskrywings wat daar gedoen was ter syde te stel.

Op die vergadering het verskeie sake gedien wat betrekking het op ‘n aantal onreëlmatige uitgawes. Só ook vrugtelose- en verkwiste koste wat amptenary as items op die agenda voorgelê het vir afskrywing met ’n  verdere item rakende die verwydering van verlore/beskadigde bates van die munisipale bateregister.
Uitgawes van miljoene rande, wat volgens VF Plus Raadslid Phillip van der Merwe slegs vir afskrywing oorweeg sou kon word nadat ‘n komitee wat die Raad spesifiek vir die doel moes aanstel, die omstandighede deeglik ondersoek het en onder andere bepaal het of iemand verantwoordelik gehou sou kon word vir enige verliese wat die munisipaliteit mag ly indien afskrywing wel sou plaasvind, was ter sake.
“Sonder so ‘n ondersoek, wat nooit gedoen was nie, was die Raad was nie wettiglik by magte om enige afskrywings te doen nie” sê rdl. Van der Merwe.” Tog het die Raad desnieteenstaande voortgegaan om ’n  aantal sulke uitgawes te “kondoneer” voeg hy by.
Die vergadering self was volgens rdl. Van der Merwe nie met behoorlike en voldoende kennisgewing aan al die Raadslede belê soos wat Ngwathe se Staande Reëls self wetlik vereis nie.
Die prosedures word tot groot frustrasie van talle Raadslede gereeld misbruik en word die Hof daarom ook gevra om die munisipaliteit te gelas om sy eie wette en reëls behoorlik na te kom.
Al die opposisiepartye in die stadsraad, waaronder dieVryheidsfront Plus, die DA en die EFF, het geweier om deel te neem aan die vergadering totdat dit behoorlik herbelê kon word nadat die ondersoek na die uitgawes gedoen was. Die Speaker het egter versoeke daartoe summier verwerp en die vergadering, ten spyte van die protes gehou en met die steun van die aanwesige ANC meerderheid in die raad die besluite deurgedruk.
Die partye wat die aansoek opponeer het nou 15 dae om hul opponerende verklarings by die Hof in te dien.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button