NewsNews

Suiwer straatklanke

’n Oorverdowende stilte...’n verlatenheid in die hoofstraat van Parys, afgesper van die andersins besige Saterdag-gewoel. ’n Afwagting - mense wat rondstaan met verwagting vir ’n belofte van iets wat nog nooit beleef is nie.

En dan die tjello wat die vioolklanke nader roep en die stilte skeur.
Viole, viola’s, tjello’s en slaginstrumente. Spontane samespel van meer as ’n 100 kinders van die Bochabelo String Orchestra – van sover as Bloemfontein, Thaba-Nchu, Vredefort, Schonkenville, Tumahole, en selfs 40 studente van ’n  musiekakademie in België. Strelende strykklanke in ’n harmonieuse melodie saamgevoeg.
Soos hulle speel, roep die klanke nog mense nader – en eenkant lê ’n  hond stil en luister na die  snaarklanke van die  Parys Arts Festival Flash Mob.
Met hierdie ongelooflike ervaring, danksy Erna Rademan, is Parys se kunstefees op ’n  hoë noot afgesluit. Drie weke waarin die dorp en sy mense met groot sukses aan die land bekendgestel is met ’n kuns- en kultuurbelewenis eie aan wat die dorp jou kan bied. Van ’n skitterende opelug-vertoning deur oud-Parysenaar Jak de Priester, kuns en uitstallers langs die rivieroewer,  ’n  unieke Safari-ete met ’n  trekker en sleepwa wat jou neem van die een proe-en-beleef ervaring na die ander, tot slaggat-kuns in neon en viervoet skilder met ’n eerste ArtDog geleentheid.  Voeg daarby die afgelope naweek se kleur ontploffing op die Vaalrivier oewer wat toepaslik hierdie jaar se feetema, “The River Runs Colour” uitgebeeld het.

’n  Fees van beleef, ’n fees van eerste en ’n  fees om te onthou!

Die kunstefees organiseerders bedank heelhartig al die borge en helpers wat die fees so n groot sukses gemaak het. “Ons sien julle weer in 2019”
* Flash Mob is ’n openbare byeenkoms waar mense spontaan begin optree en dan weer sonder aankondiging verdaag.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button