NewsNews

VF Plus hofsaak teen Ngwathe: Provinsie opponeer nie

Die lede van die Provinsiale Uitvoerende Komitees vir Samewerkende Regering en Finansies wat as moontlike belanghebbendes as mede-respondente by die hofaansoek gevoeg is wat die Vryheidsfront Plus teen die Ngwathe munisipaliteit loods, het aangedui dat hulle nie die saak sal opponeer nie. Hulle sal berus by die beslissing van die hof.

Die VF Plus se hofaansoek was om ‘n vergadering van die Raad wat op 5 Oktober 2017 gehou is, onwettig te verklaar, en besluite wat daar geneem is, ter syde te stel. Volgens VF Plus raadslid Phillip van der Merwe, is daar by die vergadering onder meer besluit om miljoene rand se onreëlmatige en vrugtelose uitgawes te “kondoneer”.
Volgens die Munisipale Finansieswet moet sulke uitgawes eers vooraf deeglik deur ‘n spesiale komitee ondersoek word om te bepaal of iemand verantwoordelik gehou moet word vir enige verliese wat die munisipaliteit as gevolg daarvan gely het, of mag ly, voordat dit afgeskryf mag word.
“So ‘n ondersoek is egter nooit gedoen nie. Die ouditeur-generaal het dit ook later in sy verslag oor die munisipaliteit se finan-siële bestuur vir die betrokke boekjaar bevestig,” sê rdl. Van der Merwe.
Die VF Plus wil met die hofaansoek ook die munisipaliteit dwing om sy eie Staande Reëls van toepassing, na te kom vir die reël en hou van vergaderings.
“Raadslede word in dié stadium gereeld gekonfronteer met onvoldoende kennisgewings van vergaderings en swak voorbereide agendastukke wat dit meermale haas onmoontlik maak om deeglik vir ’n vergadering voor te berei,” sê hy.
“Beide die munisipale bestuurder en die Speaker, as persoon, is verantwoordelik vir die bepaling van vergadertye en datums. Hulle is by verskeie geleenthede reeds deur  opposisieraadslede hieroor aangespreek.”
Al dié partye het reeds by so ‘n onbehoorlik gereëlde vergadering uitgeloop, waarop die Speaker toe wel die betrokke vergadering afgelas het.
Afgesien hiervan, het die wanpraktyke steeds voortgeduur.
Die VF Plus het om dié rede besluit dat slegs ’n hof-aansoek waarskynlik die munisipale bestuurder en Speaker sal dwing om die reëls na te kom, en daarmee voortgegaan,” voeg hy by.
Die burgemeester, Speaker, munisipale bestuurder en die munisipaliteit self is almal tesame met die bogenoemde twee LUK’s as respondente tot die aansoek gevoeg.
Die ander respondente het nog tyd tot 20 April (Vrydag) om aan te dui of hulle die aansoek wil opponeer

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button