NewsNews

Man slag hond lewendig

Die Nasionale Dierebeskermingsvereniging het hul skok en afgryse uitgespreek na ‘n voorval die afgelope naweek waar ‘n man ‘n hond glo lewendig geslag het.

Volgens Reinet Meyer, senior inspekteur by die DBV, het die voorval omsreeks 18:00 in Rocklands in Bloemfontein plaasgevind. Die polisie het die DBV geskakel om hulp te verleen met die voorval.

Volgens ooggetuies het iemand die hond raakgery en weggejaag. Die hond het nog gelewe en langs die pad gelê. Die eienaar het haar hond kom soek en op die grusame toneel afgekom waar ‘n man besig was om haar troeteldier lewendig te slag.

Die eienaar en gemeenskap was woedend en het die man na die naaste polisiestasie geneem. Met die DBV se aankoms by die toneel was die hond reeds dood.

Die man het erken dit is nie die eerste keer wat hy dit doen nie.

Die man is in hegtenis geneem en sal op aanklag van dieremishandeling in die hof verskyn.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button