
Volgens Reinet Meyer, senior inspekteur by die DBV, het die voorval omsreeks 18:00 in Rocklands in Bloemfontein plaasgevind. Die polisie het die DBV geskakel om hulp te verleen met die voorval.
Volgens ooggetuies het iemand die hond raakgery en weggejaag. Die hond het nog gelewe en langs die pad gelê. Die eienaar het haar hond kom soek en op die grusame toneel afgekom waar ‘n man besig was om haar troeteldier lewendig te slag.
Die eienaar en gemeenskap was woedend en het die man na die naaste polisiestasie geneem. Met die DBV se aankoms by die toneel was die hond reeds dood.
Die man het erken dit is nie die eerste keer wat hy dit doen nie.
Die man is in hegtenis geneem en sal op aanklag van dieremishandeling in die hof verskyn.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



