
Illustration photo
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Foto’s van verdagtes, verdagte voertuie en voertuie se nommerplate kan polisieondersoeke belemmer.
Marilette Myburgh, waarnemende stasiebevelvoerder van Potchefstroom, het inwoners gemaan om nie dié soort foto’s op sosiale media te deel nie. In die geval van verdagtes moet daar nog uitkenningsparades gehou word. Indien ’n verdagte se gesig wyd op sosiale media verskyn het, kan dit die uitkenningsparade nietig maak.
Volgens haar kan sommige sake uit die hof gegooi word as gevolg van foto’s wat op sosiale media gedeel is.
Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.