NewsNews

Hy was die hart van Mimosa Tuine

Johan Bester, wat vir soveel jare sinoniem was met die Mimosa Tuine in Parys, is Maandagaand in die ouderdom van 71 jaar oorlede.

Die gedenkdiens is Maandag 16 April om 11:00 vanuit die NG Moedergemeente.
Johan het vir twintig jaar lank die Mimosa Tuine by die Ngwathe munisipaliteit gehuur en met groot sukses bedryf. Soveel so dat die oord oor die land bekend was as spogoord en trots van die dorp. Hy was ’n  braaimeester en bekend vir die lekker potjies wat hy kon maak.
In Desember 2017 het hy nog gehelp met die potjiekosete vir die jaareindfunksie by Najaarsrus.
Johan en Tina het 6 jaar gelede hulle in die dorp kom vestig nadat hulle die plaas Tweespruit verkoop het.
Vir hom was die oord en sy diere sy groot passie in die lewe en was dit vir hom oneindig hartseer om die verval van die Mimosa Tuine die afgelope 10 jaar te moes sien.
Johan word oorleef deur Tina met wie hy 23 jaar getroud was, sy broer en twee susters.
Dankie vir elke oproep en boodskap van bemoediging waarmee daar uitgereik is na die familie met Johan se afsterwe.

  • Nog ‘n baie bekende Parysenaar, Lood Venter, is vroeër verlede week ook oorlede in die ouderdom van 92 jaar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button