NewsNews

’n Leeftyd se saamwees

Wat begin het met vyf jaar se “kys” om “mekaar beter te leer ken”, het geëindig in ’n verlowing en vyftig jaar se saamwees wat op 13 April deur Hannes en Louise de Wet gevier word.

Vir dié twee Parysenaars is dit inderdaad ’n leeftyd se saamwees, saam lag, saam huil, saam beleef en groei na mekaar. ’n Groot voorreg wat hierdie twee baie bekende inwoners van Parys môre te beurt val.
Hulle is destyds in die Tiervlei-Oos NG Kerk tussen Bellville en Parow in die Kaap getroud. Wyle ds. Jannie Minnaar het die huweliksbevestiging gedoen.
Vra jy die twee wat die geheim van soveel jare se saamwees is, sê hulle onomwonde dat dit geloof en liefde is, en die belangrikheid om mekaar ruimte te gee. Die egpaar is sedert 1 Julie 1969 in Parys gevestig.
Vir menige Parysenaar is Hannes as “Breek en Bou” bekend, en nie sonder rede nie. Hy het vir soveel jare by die destydse Parys Munisipaliteit as boubeheerbeampte gewerk, en was later ook by die weermag betrokke.
Louise op haar beurt, het vir 18 jaar by Najaarsrus gewerk, waar sy later matrone was en haar sorgsame hande vir niks verkeerd gestaan het nie.
Vandag is hierdie twee besondere mense se hande steeds nie stil nie. ’n  Mooi voorbeeld vir hul kinders, kleinkinders en agterkleinkinders.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button