NewsNews

Wateronkruid en indringerplante só bestry

GreenThorn Environmental Solutions se aansoek by die departement van omgewingsake vir die bestryding van wateronkruide in die Middelvaal-gebied van die Vaalrivier, is goedgekeur. Die gebied strek vanaf die Barrage tot by Bloemhofdam.

Wateronkruid:

Die voorlopige plan is om vier bestaande spanne in die Parys-omgewing, en sewe spanne by Bloemhofdam te laat werk.
Daar word beoog om via die Land Care- komitee van Vaal Eeden (Parys) en Vredefort met grondeienaars te kommunikeer.
Alle oewereienaars wat bereid is om te help met die projek, word gevra om Schalk Burger van die departement landbou in Parys by 082 653 4281 te kontak.
Aangesien daar heelwat besmettings voorkom wat nie tydens die oorhoofse opname van Julie 2017 geïdentifiseer is nie, benodig GreenThorn meer inligting oor die voorkoms van besmettings en moet oewereienaars dit so gou as moontlik aan Schalk rapporteer.
Daar word ook beplan om weer ’n  gemeenskapskomitee te stig om alle partye wat ‘n belang het by die rivier, op ’n gereelde basis in te lig oor die planne en vordering van wateronkruidbeheeraksies soos hierdie. Almal wat belangstel kan met Schalk kontak maak.
Vredefort Koepel en rivieroewerplante:
GreenThorn is ook in die proses om ’n soortgelyke aansoek wat ingedien is vir die beheer van onkruid en indringerplante, asook bosverdigting in die Koepel-gebied, te finaliseer.
Hierdie projek sal fokus op die bestryding van Inkbessie, Bankrotbos en Katbos, alhoewel ander spesies ook ingesluit kan word.
Alle grondgebruikers wat belangstel om aan die projek deel te neem, word gevra om ook vir Schalk te kontak.
Nog heelwat meer opnames word benodig om ‘n aanduiding te kry van die omvang en graad van besmetting van ongewenste spesies. Grondgebruikers word daarom aangemoedig om van die OTOP webblad by otop.co.za gebruik te maak.
Met hierdie inligting sal dit makliker wees vir  lede van die Land Care-komitee om mense wat aan die projekte wil deelneem, te kontak vir die bywoning van ’n vergadering.
GreenThorn sal grondgebruikers deur middel van Parys Gazette op hoogte hou met inligting oor projekte, asook via die Land Care- komitee. Vir meer inligting kan Piet Theron by 083 460 9190 gekontak word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button