NewsNews

En steeds is die krane droog

Parysenaars se geduld met die dorp se waterprobleme is op. So op soos die water.

Parys het oënskynlik sy Dag Zero bereik. Nadat die Ngwathe munisipaliteit gister n waterpyp vervang het en die dorp die hele dag sonder water moes klaarkom, is daar steeds talle inwoners wat rapporteer dat hul geen water het nie.

Anders as Kaapstad is nie die droogte nie maar die klaarblyke onbekwaamheid van die Ngwathe munisipaliteit om die probleme aan te spreek te blameer vir die dorp se knaende waterkrisis wat nou buite beheer geraak het. As daar wel water is, is die water boonop geel of bruin kla inwoners.

Slordige munisipale werk waar aan waterpype gewerk word is oral in die dorp te sien waar oopgegrou en net so oop gelos word selfs by die PnP sentrum in die dorp waar 2 dae tevore al gewerk is en mense nie meer op dié sentrum sypaadjie kan beweeg nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button