
Die behoefte aan bloed neem ongelukkig nie af nie, en pasiënte benodig steeds ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput.
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
- Tussen die ouderdom van 16-65 wees
- Meer as 50kg weeg
- Iets voor jou skenking eet
- ʼn Veilige seksuele leefstyl lei
- Gesond wees op die dag van skenking
Alle bloedgroepe is baie belangrik vir ons, maar ons het spesifiek Groep O nodig omdat hierdie bloedgroep verenigbaar is met al die ander bloedgroepe en is dus baie spesiaal vir ons en diegene wat ‘n dringende behoefte aan bloed het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



