Luidens Netwerk 24 het die skandaal in 2015 begin toe ’n sielkundedosent, dr. Aleksandr Kogan ’n selfoontoepassing, “thisisyourdigitallife” geskep het wat deur duisende mense wêreldwyd geïnstalleer is en op die manier Kogan toegang gegee het tot hul inligting en inligting van Facebook vriende.
Luidens Netwerk 24 het ’n woordvoerder van Facebook in Suid-Afrika gesê dat 33 mense in Suid-Afrika die toepassing afgelaai het waardeur toegang gekry is tot 59 777 plaaslike gebruikers se data.
Netwerk 24 berig verder dat Facebook ook verlede week erken het dat die meeste van sy 2 miljard gebruikers wêreldwyd se data op een of ander wyse kwesbaar was as gevolg van ’n fout met sy stelsel. Sekuriteitsopgraderings is egter intussen gedoen.
Bron: Netwerk 24