NewsNews

Kleinding kort hulp om haar sig te red

’n Tweejarige dogtertjie van Potchefstroom kort dringend hulp om haar sig te red. Mikayla du Plessis is op 11 Desember 2015 gebore en haar ouers, Carmen en Cobus, het gedink dat sy ’n doodnormale, gesonde babadogtertjie is tot haar ma, toe Mikayla ses maande oud was, besef het dat iets nie pluis is nie

’n Tweejarige dogtertjie van Potchefstroom kort dringend hulp om haar sig te red. Mikayla du Plessis is op 11 Desember 2015 gebore en haar ouers, Carmen en Cobus, het gedink dat sy ’n doodnormale, gesonde babadogtertjie is tot haar ma, toe Mikayla ses maande oud was, besef het dat iets nie pluis is nie.

Mikayla het byna nooit oogkontak met haar ouers gemaak nie en haar oë het gereeld op en af gekyk. Sy is na ’n dokter geneem wat gesê het daar is niks fout nie. Haar ma het egter steeds geglo dat alles nie pluis is nie.

Mikayla (2) en haar ma Carmen, pa Cobus en boetie Dean (7).

Mikayla (2) en haar ma Carmen, pa Cobus en boetie Dean (7).

Die gesin het besluit om ’n tweede mening te kry en het Mikayla na ’n pediater, dr. Thomas Reid, geneem, wat bevestig het dat daar wel iets fout is met Mikayla se oë. Haar sig was baie stadig en swak. Mikayla is na ’n oogspesialis wat haar positief getoets het vir Kongenitale Gloukoom (’n siekte in die optiese senuwees).

Hierdie siekte kon met ’n klein operasie reggestel word, maar met die dag van die operasie het Mikayla se ouers gehoor dat daar iets meer ernstig met haar fout is – sy het Septo-optiese verplasing (die senuwees wat haar oë aan haar brein koppel is onderontwikkel, ook bekend as DeMorsier Sindroom). Mikayla se ouers het gedink dat sy hulle nooit sal kan sien nie, tot hulle gehoor het van stamselbehandeling wat haar sig moontlik kan terugbring.

Mikayla op die strand.

Mikayla op die strand.

’n Dokter by Beike Biotechnology in China het gesê dat hulle Mikayla se sig kan herstel met dié behandeling. Die behandeling is wel baie duur en die gesin kan dit nie bekostig nie. Volgens haar ouers moet Mikayla voor Desember vanjaar vir die behandeling gaan, anders kan dit te laat wees om haar sig te red. Die behandeling gaan by die Better Being Hospitaal in Bangkok, Thailand gedoen word.

Die gesin vra vir fondse om te help betaal vir die onkostes om Mikayla in Thailand te kry, en vir die behandeling sodat sy eendag self die dankbaarheid op haar ouers se gesigte sal kan sien.

Vir meer inligting besoek Mikayla se webtuiste of volg haar op Facebook.

Kontak haar ouers by stemcellsformikayla@gmail.com of 076 283 8416.

Skenkings kan gemaak word by:
Mikayla du Plessis,
FNB,
Rekeningnommer: 62756696153
Takkode: 250655,
Tipe rekening: Transact Account.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button