Kaartjies kos slegs R50 en is beskikbaar by koorlede, Ina Smook (082 732 2454), Kiki’s, La Vie & Rose in Breëstraat, of op die webwerf www.parysartsfestival.co.za. Kyk gerus ook na Parys Arts Festival se Facebookblad. Vanjaar se Paaskantate vorm deel van Parys se kunstefees.
‘n Kantate is musiek met ’n godsdienstige inhoud. Met die Kantate word die Paasgebeure met woord en lied gedenk, en vorm ’n musikale voorprogram (Overture) deel van die Paasuitvoering. Van die uitvoerende kunstenaars sluit in Imker en Elsie Hoogenhout van Vereeniging (orrel en dwarsfluit), soliste Chris Mostert (tenoor) en Linette van der Merwe (mezzo sopraan), en Parysenaar Marli Kruger as orrelis. Die koor is onder leiding van Ina Smook en is saamgestel uit lidmate van verskeie gemeentes in Parys en omgewing.
You can read the full story on our App. Download it here.