
Verkeersvloei word steeds ontwrig op die R59 enkele kilometers voor die Parys-vliegveld, ná ‘n ernstige ongeluk rondom 12:00 vanmiddag toe ‘n ligte voertuig met die sleepwa van ‘n vragmotor gebots het in swaar reën.
‘n Bejaarde egpaar van Goue Jare in Parys is ernstig beseer in die ongeluk en na die Emfuleni Medi Clinic vervoer, terwyl die beseerde vragmotorbestuurder deur nooddienste na die Parys-hospitaal vervoer is.
Een van die bane is steeds gesluit terwyl opruimingswerk op die toneel gedoen word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



