NewsNews

Kyk net so ‘n pynappel

Ses maande later en dié pynappel is ryp.

Pynappels in Parys? Inderdaad. En sodra die pynappel ryp is, gaan lê hy. So vertel mnr. Jan Botha van Parys wie se tweede pynappel ses maande nadat hulle hul intrek in Parys geneem het, nou ryp is.

Sy pynappels staan in potte op die agterstoep. Gazette het vroeër berig dat die Bothas in 2014 in Port Alfred gaan aftree het waar hulle die Big Pineapple proefplaas naby Bathurst ontdek het.

Op ‘n dag is hulle en familie na die proefplaas waar hulle van die heerlikste soetste pynappels waaraan jy kan dink geproe het. ‘n Tante van mnr. Botha het die koppe van 2 van die pynappels afgesny en dit sommer so tussen sy amaryllas in potte gedruk.

Verlede September het die eerste pynappel sy verskyning gemaak. Sodra die plant gedra het, maak hy lote en vrek Hy het die plant se lote vir die nuwe huiseienaars agtergelaat, maar die ander een het saamgetrek Parys toe einde September 2017. Groot was die Bothas se verbasing toe daar middel Oktober weer ‘n klein pynappeltjie verskyn het.

Kort daarna het die hael die plant geslaan en het hulle gedink dis verby met die pynappel. Toe nie – ten spyte daarvan dat hierdie nie regtig pynappel-wêreld is nie, is die tweede pynappel die bewys dat tot ‘n pynappel gelukkig kan wees in Parys.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button