EntertainmentNewsNews

Lagspiere werk oortyd by damesoggend

VEREENIGING. - Vir ’n paar uur kon gaste wat Eureka Skool se damesoggend bygewoon het, van hul sorge vergeet en die oggend net geniet.

VEREENIGING. – Vir ’n paar uur kon gaste wat Eureka Skool se damesoggend bygewoon het, van hul sorge vergeet en die oggend net geniet.

Leerlinge van Eureka Skool het tydens dié geleentheid op 23 Mei gaste vermaak met verskeie sang- en dansitems voor die hongerpyne deur ’n heerlike driegang-maaltyd gestil is. Die oggend het ’n hoogtepunt bereik toe Elsabé Aldrich die verhoog betree het. Elsabé het al die pad van Kaapstad gekom om as gasspreker op te tree en gaste se lagspiere behoorlik laat werk.

Elsabé Aldrich het gaste behoorlik vermaak tydens Eureka Skool se damesoggend. Foto’s: Carla du Plessis
Elsabé Aldrich het gaste behoorlik vermaak tydens Eureka Skool se damesoggend. Foto’s: Carla du Plessis

Elsabé verwys na haarself as ’n pretprater, motiveringskonsultant en opleier. Tussen al haar grappies deur het sy tog ’n boodskap aan elkeen daar gebring dat jy die beste moet wees wat jy kan. Eureka Skool bedank graag elkeen wat die oggend bygewoon het, asook hul borge wat bygedra het tot die sukses van die oggend.

Dr. Amanda Lombard, skoolhoof, het gesê die skool wil graag vanjaar die leerlinge see toe vat. “Ons weet dit gaan ons baie geld uit die sak jaag, maar as ons nie die kinders see toe vat nie, gaan sommige van hulle dalk nooit in hul lewe die see sien nie.”

Sean Miller het die oggend afgesluit met ’n paar sangitems terwyl dames verder kon kuier voor elkeen weer teruggekeer het na hul ‘normale’ lewe.

Santie van Tonder, Elsabé Aldrich en dr. Amanda Lombard (hoof van Eureka Skool).
Santie van Tonder, Elsabé Aldrich en dr. Amanda Lombard (hoof van Eureka Skool).

Related Articles

Back to top button