
Hierdie was n droom wat binne n paar weke gestalte gekry het. Wat begin het met R50 en die droom om mense en n dorp aan te raak met kuns.
Die droom van Deon Terblanche wat met die hulp van n groepie mense die droom kon visualiseer om kuns en kultuur in n unieke verskeidenheid te laat saamvloei vir Parys se eerste kunstefees.
En vanaand is hierdie baie unieke fees by Egweni geopen waar n ongelooflike atmosfeer met van die ryke tenoorstem van Stefan Louw, die talentvolle Chris van Niekerk strykorkes, tradisionele danse van die Impucko dansers, marimba orkes en vele meer saam met gesellige vure en uitstaande kuns gaste in die feesstemming gesit het met n keurige voorsmaak wat van 29 Maart tot 15 April in Parys ervaar sal word.
Kyk op www.parysartsfestival.co.za wat die fees jou bied.




