NewsNews

Eikeboom op Bult val om

‘n Eikeboom het vandag (28 Maart) omstreeks 13:00 op voertuie wat op die Bult in Potchefstroom geparkeer was geval.

 

Volgens omstanders het hulle ‘n geluid gehoor waarna hulle gesien het, hoe die boom se takke op voertuie begin val.

“Die takke lê ook in die pad wat verkeer bietjie belemmer,” het die omstander gesê.

IMR ambulansdienste is op die toneel maar kon bevestig dat daar geen beserings is nie. Volgens ‘n paramedikus op toneel het hulle die pad versper en die area beveilig waarna die brandweer en verkeer ontbied is.

“Dit is groot takke wat geval het, maar die boom lyk maar vrot so die hele boom lyk of dit gaan omval,” het een omstander gesê.

Potchefstroom Herald het voorheen berig dat die Eikebome in Steve Bikostraat besig is om te vrek. Erfenis Potchefstroom het na die artikel ‘n projek geloots om die historiese Eikelaan te red. Die Eikelaan is in 1977 as  historiese gedenkwaardigheid verklaar. Dit is die langste Eikelaan in die suidelike halfrond.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button