EntertainmentNewsNews

Onvergeetlike 4×4 avontuur

Vaalweekblad en Vaal Toyota bied ‘n 4x4 toer aan na die Sani-pas en Katse-dam.

Vaalweekblad en Vaal Toyota bied ‘n 4×4 toer aan na die Sani-pas en Katse-dam.

Die groep vertrek op 18 Junie vanaf Vaal Toyota na die eerste oorslaappunt in Underberg. Daar gaan hulle eers lekker kuier en voorberei vir die intog na Lesotho. Vrydag, 19 Junie is dit tyd vir die Sani-pas met al sy mooi uitsigte. “Ons gaan stop by die hoogste kroeg in Afrika en iets geniet om ons te kalmeer en warm te maak teen die koue wat voorlê,” sê Christi Nolte, een van die organiseerders. Van daar gaan die groep na die Blackmountain-pas wat nog 600m hoër is as die Sani-pas. “Gewoonlik kry ons sneeu op hierdie pas, so bring warm klere,” sê Christi.

Die Katse-dam bied baie foto-geleenthede vir diegene wat die 4x4 toer wil meemaak.
Die Katse-dam bied baie foto-geleenthede vir diegene wat die 4×4 toer wil meemaak.

Daarna gaan die groep na Molemong vir die volgende oorslaap by ‘n sendingstasie, waar daar weer lekker gekuier en die dag se gebeure herleef sal word. Saterdag, 20 Junie vertrek die groep via Thaba Tshego na die Katse-dam. Op dié roete is daar verskeie hoogtepunte en uitkykpunte. “Ons sal by van die villages stop en vir die kinders opvoedkundige speelgoed gee. Fotogeleenthede is ook volop.

Oral op die roete sal ons vir die manne kans gee om bietjie hulle 4×4-vernuf te toets,” sê Christi. Daardie aand gaan daar by die lodge by die Katse-dam oorgeslaap word. Op Sondag, 21 Junie, voor die pad terug aangedurf word, gaan die damwal eers besoek word met ‘n begeleide toer.

“Ons ry dan al langs die dam terug en oor Motseng-pas, 2 820m op die roete terug na Suid Afrika,” sê Christi.

Vir meer besonderhede kan Hannes by Vaal Toyota by (016) 973 8000 of Christi by 071 6831 800 gekontak word.

Related Articles

Back to top button