NewsNews

Botsing eis bekende raadslid

DA in Metsimaholo-munisipaliteit verloor ‘n ywerige kampvegter

Mnr. Luigi Gaigher, DA-raadslid vir Wyk 18 in die Metsimaholo-munisipaliteit (Sasolburg en omstreke), het vanoggend, Saterdag 24 Maart, onderweg na Bloemfontein in ‘n botsing gesterf.
Mnr. Gaigher, wat ook die DA se mediabeampte in Metsimaholo was, was saam met mnr. Thulo Kamohelo op pad na ‘n provinsiale vergadering van die DA toe die tragedie plaasgevind het. Mnr. Kamohelo is met inwendige beserings in die Baragwanath-hospitaal opgeneem.
Vaalweekblad se redaksielede, wat op ‘n gereelde basis met Luigi kontak gehad het, sal hom onthou as ‘n man met ‘n onblusbare liefde vir God en sy familie. Hy het ook ‘n passie vir politiek gehad en het die DA met groot ywer gedien.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button