NewsNews

Help ons diere warm hou dié winter

Die DBV het tans ’n  baie groot nood, veral  vir komberse vir die diere vir die koue wintermaande. Personeel van Parys Gazette het verlede week tyd by die DBV spandeer en sommer ook kombersies oorhandig. Sakelui en inwoners word uitgedaag om ook hul bydrae te gee. Elke bydrae hoe gering ookal maak ’n  verskil. Onthou …

Die DBV het tans ’n  baie groot nood, veral  vir komberse vir die diere vir die koue wintermaande. Personeel van Parys Gazette het verlede week tyd by die DBV spandeer en sommer ook kombersies oorhandig. Sakelui en inwoners word uitgedaag om ook hul bydrae te gee. Elke bydrae hoe gering ookal maak ’n  verskil.
Onthou ook dat die DBV teengif-pakkies beskikbaar het, sou jy vermoed jou troeteldier het gif ingekry. Die publiek moet egter daarop let dat hierdie teengif-pakkies nie ’n  waarborg is dat jou troeteldier sou hy gif ingekry het, dit sal oorleef nie, en dat profes- sionele hulp so gou moontlik by ’n  veearts gekry moet word. Die teengif-pakkies is slegs  noodhulp vir jou troeteldier totdat jy by die veearts kan kom.
* Troeteldier sterilisasies is weer verlede week op die Parys DBV-perseel gedoen en is daar terselfdertyd ook afskeid geneem van dr. Anrone Bezuidenhout. Sy was deel van die span van dr. Elize van der Merwe wat die sterilisasie uitreikprogram in 2017 in Parys begin het as die eerste van sy soort in die Vrystaat.  Sedert die program by die Parys DBV begin is, is die vraag oorweldigend en het nog ’n veearts, dr. Norman Datnou, intussen ook aan boord gekom.
Die sterilisasie-projek behels dat sterilisasies van honde en katte op die DBV-perseel gedoen word met kostes wat begin vanaf R500. Die rede waarom dit nie gratis gedoen word nie, is juis om seker te maak diere-eienaars neem verantwoordelikheid vir hul diere. Terselfdertyd moet dit bekostigbaar wees vir alle troeteldiereienaars wat R4 500 en minder per maand verdien, en nie gewone veearts-tariewe kan bekostig nie. Mense wat navrae het oor die projek, kan Amelia van Zyl by 073 655 2914, of  (056) 811 3671 kontak. Die volgende sterilisasie datum sal in die Gazette bekendgemaak word maar mense kan nou reeds skakel vir afsprake.

Die personeel van Parys Gazette, Liezl Scheepers, Paulina Barda en Betsie Trieloff, saam met DBV-fondsinsamelaar, Amelia van Zyl, wat die kombersies wat namens die Gazette aan die DBV oorhandig is, in ontvangs geneem het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button