NewsNews

Veertig persent van SA dogters tussen 14 en 19 swanger

Veertig persent van dogters in Suid-Afrika tussen 14 en 19 jaar oud was reeds een keer swanger. Vyftig persent van hulle word vir ‘n tweede keer voor 19 swanger.

Tussen ‘n half en een miljoen babas wat jaarliks gebore word, se ma’s is nog tieners.
Beplande swangerskappe kan tot kosbare tye in ouers se lewens lei. Swangerskap word dan die tyd waarin ouers fisies, emosioneel en finansieel vir kleinding se aankoms voorberei.
Nogtans is duisende swangerskappe onbepland en kan lei tot ‘n emosionele op-en-af-reis vir die ouers sowel as vir baba. Voorkoming van ontydige swangerskappe is beide ouers se verantwoordelikheid op dieselfde manier as wat die versorging en grootmaak van ’n  kind beide ouers se aandag vra.
Swanger tieners ervaar dikwels weinig ondersteuning en begrip. Hulle hoor en ervaar eerder veroordeling deur ouers, onderwysers, verpleegkundiges, geloofsgemeenskappe en selfs hulle vriende. Jong pa’s is dikwels traag om verantwoordelikheid te neem of word deur families verhinder om betrokke te raak.
Baie swanger dogters beleef depressie, wat tot nageboorte depressie kan bydra en poten-sieel tot selfmoord kan lei.
Tienerswangerskap word veral dikwels ook beleef as ‘n verbrokkeling van ‘n lewensdroom.
‘n Studie wat deur UNISA se onderwysdepartement onderneem is, het aangedui dat die meeste swanger tieners ‘n gebrek aan seksonderrig as hulle nommer een rede vir swangerskap noem.
SAVF FAMNET het tot aksie oorgegaan, omdat besef is dat ‘n baba wie se ma self ‘n kind is en onder veroordeling leef, min kans het om as ‘n gelukkige, gesonde, intelligente en verantwoordelike kind groot te word.
Hierdie sirkel moet verbreek word. Rebuilding Dreams is ‘n program wat die uitdagings van tienerswangerskap aanspreek en wat leiding gee oor goeie ouerskap, insluitend pa-betrokkenheid.
Groepleiers word opgelei om 14 sessies groepwerk met tienerouers te doen.
In die proses word die tiener begelei om opnuut te droom en stappe te neem om drome vir hulself en hulle kinders se toekoms te laat waar word.
Hierdie opleiding is ook waardevol vir mense wat in gemeenskappe werk.
Skole en klinieke en daarom ook die Departemente van Onderwys en Gesondheid behoort betrokkenheid by hierdie program ernstig te oorweeg.
Ander beskikbare hulp: Verwagtende moeders wat staatsklinieke bywoon word nasionaal by die Departement van Gesondheid geregistreer en ontvang weekliks SMS boodskappe met inligting oor die baba se ontwikkeling en riglyne vir swangerskap en selfs na-geboorte sorg.
As ma’s dit nie kry nie, moet hulle daaroor navraag doen by hulle plaaslike kliniek.
Verskeie toepassings kan op slimfone afgelaai word, soos “Baby center,” “Ovia Pregnancy,” “Nurture,” “What to expect” en “The Bump.”
Vir meer inligting oor Rebuilding Dreams, skakel Erna Rheeder by 084 3839 417 of erheeder@savf.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button