Editor's choiceNewsNews

Egpaar se diere-kinders sterf in brand

VANDERBIJLPARK. - Om wakker te word en met angs te besef dat jou huis besig is om te brand, is vir enigiemand ‘n nagmerrie, veral as jou hele lewe en al jou diere daarin is.

VANDERBIJLPARK. – Om wakker te word en met angs te besef dat jou huis besig is om te brand, is vir enigiemand ‘n nagmerrie, veral as jou hele lewe en al jou diere daarin is.

Susan de Wet (58) en haar man Pieter (64) woon reeds jarelank op die Rosashof-kleinhoewes buite die dorp. Hulle het op Sondag 24 Mei omstreeks 22:00 wakker geskrik van ‘n geweldige slag. Pieter het ondersoek gaan instel en met ‘n groot skok agtergekom dat hulle huis besig was om te brand.

Susan de Wet by die verbrande inhoud van hul huis nadat hulle alles verloor het behalwe die slaapklere wat sy die aand van die brand aangehad het. Die egpaar het selfs hul geliefde diere-kinders in die brand verloor. Foto: Teresa Holloway
Susan de Wet by die verbrande inhoud van hul huis nadat hulle alles verloor het behalwe die slaapklere wat sy die aand van die brand aangehad het. Die egpaar het selfs hul geliefde diere-kinders in die brand verloor. Foto: Teresa Holloway

“Ek het onmiddellik gedink aan my ma wat in haar kamer is en aan my diere aan die anderkant van ons huis,” vertel Susan. Pieter het sy skoonma, Tolly Gerber (84), binne minute uit die brandende huis bevry en die brandweer gebel. Susan is weer terug die huis in om haar diere te red wat nog daarbinne was. Sy is egter deur die rook oorval en Pieter moes haar na buite help. In die proses het sy brandwonde aan haar gesig en hande opgedoen.

“My hart is vreeslik seer oor my diere wat doodgebrand het (drie Golden Hand apies, twee Yorkies, twee papegaaie en ‘n boerboel-teef met haar vier babas wat weens rookinaseming dood is). “Dit was vreeslik om hulpeloos te staan en kyk hoe jou huis brand en jy kan nie jou diere red nie, hulle was my kinders,” sê Susan.

Die Vereeniging-brandweer het na ‘n halfuur opgedaag en lank gespook om die vlamme te blus. “Daar is niks van die huis oor nie. Alles is in die brand verwoes. Ons het nie eens ‘n koppie nie,” sê Susan.

Indien daar enigiemand is wat die egpaar kan help met enige skenkings om weer op die been te kom, kan Susan by 083 948 8285 gekontak word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button