NewsNews

Jong pasiënte speel hul rol oortuigend

Twee twaalfjarige seuns van Parys Primêre skool, Robert Bester en Herman Steyn, was verlede week deel van die grootskaalse nood simulasie oefening op die N1 naby die Greenlands-brug.

Die oefening is deur Sasol in samewerking met SANRAL en Vrystaatse nooddienste asook ander rolspelers gedoen om met ‘n nagebootste werklikheidssituasie in ‘n beheerde omgewing die effektiwiteit van streeks noodreaksie dienste te toets in geval van ‘n voorval waar Sasol chemikalieë voervoer sou word.

Die toneel wat nageboots was, was ‘n botsing tussen twee tenkwaens wat sodium sianied oplossing en ethanol vervoer het, en ‘n ligte voertuig. Beide kante van die pad was vir die oefening gesluit met alternatiewe roetes wat beskikbaar was vir motoriste.

Dié twee jong knapies het hul rol baie oortuigend gespeel en was van groot hulp om die situasie so werklik moontlik te kon uitbeeld vir die doel van die nooddiens simulasie oefening.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button