NewsNews

Sirenes en helikopters vir oefening op N1

’n Grootskaalse noodsimulasie oefening deur Sasol in samewerking met SANRAL en Vrystaatse nooddienste, asook ander rolspelers is verlede week op die N1-hoofweg naby die Greenlands-brug gedoen. Baie waardevolle lesse is dan ook uit die oefening geleer.

Die hoofdoel van die oefening was om met ’n  nagebootste “werklikheidsituasie in ’n  beheerde omgewing”, die effektiwiteit van streeks noodreaksie dienste te toets in geval van ’n  voorval waar Sasol chemikalieë vervoer sou word.
Terselfdertyd word ook deur gereelde oefeninge soos hierdie seker gemaak dat met die samewerking van die relevante streeks nooddienste, Sasol se nood reaksieplanne buite Sasol self, in plek is.
Die toneel wat nageboots was, was ’n  botsing tussen twee tenkwaens wat Sasol produkte (sodium sianied oplossing en ethanol) vervoer het, en ’n ligte motorvoertuig. Beide kante van die pad was vir die doel van die oefening gesluit, met alternatiewe roetes wat beskikbaar gestel is.
Breedvoerige terugvoer is gekry na die oefening en sal deurgegee word aan al die rolspelers het Sasol gesê. Rolspelers wat betrokke was sluit in die Fezile Dabi Nooddienste, Sasol Nooddienste (Sasol Operasies), Sasol Nood Reaksie Diensverskaffer (SpilTech), SAPD (Parys Cluster), provinsiale verkeersdepartemente, SANRAL Roete dienste, N1 tolkonsessie, insleepdienste, tenkwa dienste, provinsiale en private hospitale, plaaslike gemeenskapsdienste, plaaslike en nasionale media, Sasol Operations (Energy, Base, Chemicals Supply Chain, Corporate Affairs) en die Sasolburgse en Parys gemeenskappe.
Sasol het na afloop van die oefening alle rolspelers en lede van die gemeenskap bedank wat bygedra het tot die sukses van die Sasol noodsimulasie oefening op 15 Maart.
Johan van Wyk, Sasol se noodreaksie spesialis wat die oefening gekoördineer het, het gesê slegs deur toetssituasies soos hierdie en die evaluering van die hantering daarvan, in samewerking met strategiese rolspelers, kan seker gemaak word dat effektiewe reaksie by nood- insidente gekry word.

  • Plaaslike instansies en nooddienste wat deel was van die oefening sluit in LGV, Parys Medix, IMR, verkeer, SAPD, Ngwathe brandweer, provinsiale ambulansdienste, Johnnys Insleepdienste, Prinsloo Recovery, personeel van Parys Distrik hospitaal, Sonia van der Walt en Sunwa wat eetgoed en middagete voorsien het, en Robert Bester en Herman Steyn asook almal wat moes help om die rol van die pasiënte te speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button