NewsNews

Slagpale-moord: Verhoor begin, weduwee getuig

Potchefstroom - Die verhoor van drie mans en ‘n vrou wat vir die moord van mnr. Koos van der Leeuw, ‘n gesiene beesboer in die Potchefstroom-omgewing aangekla word, het gister (19 Maart) begin.

 

 

Die saak is reeds sewe keer uitgestel voordat dit Maandagoggend in die hooggeregshof begin het. Die weduwee van Koos van der Leeuw, Marietjie het eerste haar getuienis afgelê waarin sy een van die beskuldigdes in die hof uitgewys het.

Tydens kruisondervraging het Tefu Mohua, die beskuldigde wat sy uitgewys het, se regsverteenwoordiger gevra of sy met sekerheid kan sê dat sy kliënt een van die aanvallers was aangesien sy so getraumatiseerd was.

“Ja ek was erg getraumatiseer maar daar is niks fout met my oë nie,” het sy geantwoord.

Tefu Mohua, Samuel Motsi, Aida Lebaka en Bibi Nycamphalala word aangekla van onder meer moord en roof met verswarende omstandighede.

Die aanval vroegoggend by die Potchefstroomse slagpale op mnr. Van der Leeuw het skokgolwe deur die plaaslike gemeenskap gestuur.
Gewapende rowers het mnr. Van der Leeuw en sy vrou, Marietjie, omstreeks 06:00 by die slagpale oorval toe hulle daarheen gery het om ‘n kontant transaksie te beklink. Die rowers het sowat R77 000 kontant tydens die rooftog gebuit en mnr. Van der Leeuw in die kop geskiet, nadat hy een van die rowers geskiet het.

Marietjie het tydens die skietery in hul bakkie platgeval en gemaak of sy dood is. Sy was ongedeerd, maar die swaar gewonde mnr. Van der Leeuw het enkele ure later in die hospitaal gesterf.
Die rower wat hy geskiet het, is glo later in sy makkers se wegkomkar dood. Hulle het hom toe glo uit die voertuig gegooi, waarna die oorlede rower se familie ‘n lykbesorger betaal het om die liggaam te begrawe.
Mohua en Motsi is in 2015 op borgtog van R10 000 elk vrygelaat. Nycamphalala het nie om borgtog aansoek gedoen nie. Lebaka, wat geboorte geskenk het terwyl sy in aanhouding was, het verlede jaar vir die eerste keer om borgtog aansoek gedoen, maar is geweier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button