NewsNews

Eerstejaarstudent verdrink by swembad

‘n 34 jarige eerstejaarstudent het Vrydagmiddag omstreeks 15:00 by die NWU se swembad verdrink. Illustration photo   Louis Jacobs,NWU woordvoerder, het die voorval bevestig. Volgens hom het dit tydens ‘n privaat aangeleentheid gebeur en was dit nie tydens enige geskeduleerde universiteitsaktiwiteite nie. Volgens ‘n verklaring wat die universiteit kort na die voorval uitgereik het, was …

police,saps

Illustration photo

 

Louis Jacobs,NWU woordvoerder, het die voorval bevestig.

Volgens hom het dit tydens ‘n privaat aangeleentheid gebeur en was dit nie tydens enige geskeduleerde universiteitsaktiwiteite nie. Volgens ‘n verklaring wat die universiteit kort na die voorval uitgereik het, was die oorledene saam met ‘n vriend by die swembad. Die student het in die diepkant van die swembad ingespring maar nie weer opgekom nie.

‘n Ander student het ingespring om die eerstejaar te red, waarna paramedici na die toneel ontbied is. Die student is hospitaal toe geneem waar hy later oorlede is.

“Almal wat teenwoordig was, het berading ontvang van die universiteit ontvang so ook die familie van die student. Ons dink aan die familie en vriende van die oorledene tydens hierdie baie moeilike tyd” het Jacobs gesê.

Die polisie is besig met ‘n geregtelike doodsondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button