NewsNews

Herdenk Jesus se Lydensweg met Passiespel

Die Paasfeesvertelling “Amazing Grace”, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG Gemeente Suikerbos opgevoer VEREENIGING. – Die Paasfeesvertelling “Amazing Grace”, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG Gemeente Suikerbos opgevoer. Dit word op 20, 21 en 22 Maart om 19:00 by die kerk in Dabchickstraat, Drie Riviere-Oos aangebied. Kaartjies is beskikbaar by …

VEREENIGING. – Die Paasfeesvertelling “Amazing Grace”, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG Gemeente Suikerbos opgevoer. Dit word op 20, 21 en 22 Maart om 19:00 by die kerk in Dabchickstraat, Drie Riviere-Oos aangebied. Kaartjies is beskikbaar by die NG Kerk Suikerbos, NG Gemeente Drie Riviere-Oos, NG Kerk Lux Deo, NG Kerk Drie Riviere en die NG Gemeente Coram Deo.

Dit is hierdie jaar ‘n gemeenskapsprojek wat persone van enige denominasie uitnooi om deel te neem. Dit word weer eens opgevoer onder spelleiding van Arina Greeff, wat ook die teks saamgestel het. Die bekende Delta-koor onder begeleiding van Imker Hoogenhout, tree ook by die geleentheid op. Daar is ook koordansers wat sal bydra om die atmosfeer van die Passiespel uit te beeld.

Dié Paasfeesvertelling beloof weer eens om ‘n onvergeetlike gebeurtenis te wees, waartydens die gehoor in die gees in Jesus se voetspore kan volg op Sy Lydensweg na Golgotha.

Toegang is gratis maar ‘n vrywillige kollekte ten bate van welsyn sal opgeneem word.

 

Foto’s: Tonele uit dié jaar se Passiespel wat vandeesweek in Drie Riviere aangebied word.

 

Related Articles

Back to top button