NewsNews

Herdenk Jesus se Lydensweg met Passiespel

Die Paasfeesvertelling “Amazing Grace”, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG Gemeente Suikerbos opgevoer VEREENIGING. – Die Paasfeesvertelling “Amazing Grace”, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG Gemeente Suikerbos opgevoer. Dit word op 20, 21 en 22 Maart om 19:00 by die kerk in Dabchickstraat, Drie Riviere-Oos aangebied. Kaartjies is beskikbaar by …

VEREENIGING. – Die Paasfeesvertelling “Amazing Grace”, word vir die tweede agtereenvolgende jaar by die NG Gemeente Suikerbos opgevoer. Dit word op 20, 21 en 22 Maart om 19:00 by die kerk in Dabchickstraat, Drie Riviere-Oos aangebied. Kaartjies is beskikbaar by die NG Kerk Suikerbos, NG Gemeente Drie Riviere-Oos, NG Kerk Lux Deo, NG Kerk Drie Riviere en die NG Gemeente Coram Deo.

Dit is hierdie jaar ‘n gemeenskapsprojek wat persone van enige denominasie uitnooi om deel te neem. Dit word weer eens opgevoer onder spelleiding van Arina Greeff, wat ook die teks saamgestel het. Die bekende Delta-koor onder begeleiding van Imker Hoogenhout, tree ook by die geleentheid op. Daar is ook koordansers wat sal bydra om die atmosfeer van die Passiespel uit te beeld.

Dié Paasfeesvertelling beloof weer eens om ‘n onvergeetlike gebeurtenis te wees, waartydens die gehoor in die gees in Jesus se voetspore kan volg op Sy Lydensweg na Golgotha.

Toegang is gratis maar ‘n vrywillige kollekte ten bate van welsyn sal opgeneem word.

 

Foto’s: Tonele uit dié jaar se Passiespel wat vandeesweek in Drie Riviere aangebied word.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button