NewsNews

Nog ongelukkigheid oor werksgeleenthede

Nadat inwoners van die Tumahole-woonbuurt Maandag die Parys/Koppies-grondpad met brandende bande en ander voorwerpe versper het om te eis vir werksgeleenthede by die kontrakteur Razzmatazz wat tans besig is met opgradering aan dié pad, was daar Woensdag  ‘n soortgelyke insident in Vredefort. ‘n Bus wat werkers van die konstruksie maatskappy Sedtrade vervoer het, is die …

Nadat inwoners van die Tumahole-woonbuurt Maandag die Parys/Koppies-grondpad met brandende bande en ander voorwerpe versper het om te eis vir werksgeleenthede by die kontrakteur Razzmatazz wat tans besig is met opgradering aan dié pad, was daar Woensdag  ‘n soortgelyke insident in Vredefort.

‘n Bus wat werkers van die konstruksie maatskappy Sedtrade vervoer het, is die oggend deur twee voertuie verhinder om verder te ry.. Die voertuie het volgens inligting behoort aan ‘n groep wat hulself glo die Vredefort Business Owners Forum noem.

Die werkers in die bus is almal werksaam op die R59 tussen Vredefort en Viljoenskroon wat tans opgradeer word.

Die Vredefort SAPD is na die toneel ontbied waar die persone wat die bus vasgetrek het, ge-eis het om met ‘n verteenwoordiger van die Departement Paaie en Vervoer te praat. Hulle was teleurgesteld omdat daar glo nie voorsiening gemaak is vir ‘n sogenaamde 30% verteenwoordiging van Vredefort -kontrakteurs by die padprojek nie.

Verteenwoordigers van die Ngwathe munispaliteit het hulself as bemiddelaars beskikbaar gestel en is ‘n vergadering toe by die Vredefort munisipale kantore gehou tussen verteenwoordigers van die Ngwathe munsipaliteit en die Vredefort Business Owners Forum.

Die groep se eise en bekommernisse is aangehoor en kontak is gemaak met die provinsiale regering waarop ooreengekom is dat die Forum die busdiens wat die werkers vervoer, sal toelaat om tot Maandag soos gewoonlik met hul werksaamhede te kan voortgaan. Na wat verneem is salt ‘n verteenwoordiger van die Departement Paaie en Vervoer Maandag 19 Maart met die Forum kom onderhandel in ‘n poging om hul eise aan te spreek.

Openbare Orde Polisielede het deurentyd ‘n waaksame oog gehouen die situasie gemonitor.

Related Articles

Back to top button