Ongelukkig oor grond
Sowat 120 inwoners van die Mokwallo-woonbuurt by Vredefort het Vrydag ’n protesoptog vanaf die Mokwallo-stadion na die Ngwathe munisipale kantore in Vredefort gehou waar ’n memorandum aan die Ngwathe burgemeester, Joey Mochela, oorhandig is. Die optoggangers wou antwoorde by die burgemeester hê oor hul eise vir grond op die plaas Lincon wat in munispiale besit …
Sowat 120 inwoners van die Mokwallo-woonbuurt by Vredefort het Vrydag ’n protesoptog vanaf die Mokwallo-stadion na die Ngwathe munisipale kantore in Vredefort gehou waar ’n memorandum aan die Ngwathe burgemeester, Joey Mochela, oorhandig is.
Die optoggangers wou antwoorde by die burgemeester hê oor hul eise vir grond op die plaas Lincon wat in munispiale besit is en net langs Mokwallo geleë is.
Hulle dring aan op die grond vir informele behuising, maar volgens aanduidings wil die munisipaliteit eers die grond ontwikkel. Die groep meen ook dat die name van die begunstigdes op die lys nie meer korrek is nie.
Mochela het die memorandum aanvaar en aangedui dat sy binnekort terugvoer aan die groep sal gee.



