We Care, buurtwagte en polisie span saam om voertuigdiewe se spoor te volg
Plaaslike vrywilligers van die We Care-groep in Parys, het verlede week saam met lede van ander veiligheidsinstellings en die polisie gehelp om ’n voertuig wat in Klerksdorp gesteel is, op te spoor en aan die eienaar terug te besorg. Die voertuig is verlede Donderdagaand by die Matlosana-winkelsentrum in Klerksdorp gesteel. Die verdagtes het aanvanklik na …

Plaaslike vrywilligers van die We Care-groep in Parys, het verlede week saam met lede van ander veiligheidsinstellings en die polisie gehelp om ’n voertuig wat in Klerksdorp gesteel is, op te spoor en aan die eienaar terug te besorg. Die voertuig is verlede Donderdagaand by die Matlosana-winkelsentrum in Klerksdorp gesteel.
Die verdagtes het aanvanklik na Vierfontein, en daarna deur Viljoenskroon, Parys en Sebo-keng gevlug. Die polisie en verskeie buurtwagte in dié dorpe is van die diefstal in kennis gestel en die Gauteng- en Noordwes-blitspatrollies is ontbied. Die Gautengse blitspatrollie het die verdagtes in Sebokeng agternagesit en die gesteelde voertuig is uiteindelik in ’n sloot tot stilstand gedwing. Die verdagtes het gevlug, maar kon weens die bosagtige terrein nie opgespoor word nie.
AfriForum het na die voorval die betrokke partye bedank vir hul hulp en bystand en gesê samewerking tussen veiligheidsinstellings en die polisie is die sleutel tot die bekamping van misdaad.



