Kom kyk die flaminke
Feathers-voëlklub se volgende byeenkoms is op Donderdag 22 Maart om 18:30 by die Sally Martin Park saal. Colin Hamilton sal by die geleentheid sy onlangse voël-ervaring met klublede kom deel. Die klub se volgende uitstappie is op Saterdag 24 Maart wanneer hulle die plaas Mizpah, tussen Vredefort en Kroonstad, besoek. Volgens die eienaars, Philip en …

Feathers-voëlklub se volgende byeenkoms is op Donderdag 22 Maart om 18:30 by die Sally Martin Park saal. Colin Hamilton sal by die geleentheid sy onlangse voël-ervaring met klublede kom deel.
Die klub se volgende uitstappie is op Saterdag 24 Maart wanneer hulle die plaas Mizpah, tussen Vredefort en Kroonstad, besoek.
Volgens die eienaars, Philip en Esme van der Merwe, is daar tans ook heelwat flaminke te sien. Hierdie is ’n nuwe besoekpunt vir die klub en dit behoort baie interessant te wees om te sien watter ander voëlspesies behalwe die flaminke daar is. Klublede en ander belangstellendes sal om 06:00 vanaf Pick ’n Pay se parkeerterrein vertrek. Bring jou piekniekmandjie, verkyker, voëlboek en stoel saam. Anti-goggagoed en ’n hoed kan ook nuttig wees. Aangesien dit ’n hele entjie is, kan daar tydens die vergadering gereël word vir saamry-geleenthede.
Almal wat belangstel in voëls van die omgewing, is welkom om saam te gaan.
Skakel gerus vir Hansie Bekker by (056) 811 4754 / 082 820 4306, of Peter Killian by 056 817 6031 / 083 625 8100, vir meer inligting oor die klub, byeenkomste en uitstappies



