NewsNews

Parysenaars laat Roosprojek blom

Danksy die publiek en sakelui van Parys se ondersteuning, en met die hulp van die departement landbou, korrektiewe dienste en die munisipaliteit, gaan dit baie goed met die Parys Flower Project in Allenbystraat. Die snyrose is in volle blom, die besproeiing en koelkamer waarmee so lank gesukkel is, werk weer, en daar word reeds gekyk …

Danksy die publiek en sakelui van Parys se ondersteuning, en met die hulp van die departement landbou, korrektiewe dienste en die munisipaliteit, gaan dit baie goed met die Parys Flower Project in Allenbystraat. Die snyrose is in volle blom, die besproeiing en koelkamer waarmee so lank gesukkel is, werk weer, en daar word reeds gekyk na ander behoeftes vir die projek soos sorteertafels en gifstowwe wat nodig is vir insek-en plaagbeheer.
Daar is tans weer rose beskikbaar en was daar selfs dié week ’n spesiale aanbieding van R40 vir 15 rose. Pryse wissel gewoonlik tussen R40 en R50 vir 15 rose.
Gazette het reeds verskeie kere berig oor die uitdagings waarmee die projek gekonfronteer is sedert die kweekhuis-tonnels in Augustus verlede jaar opgesit is. Sedert Gazette egter oor die tonnels berig het, het Monty, een van die dames betrokke by die projek, se foon nog nie ophou lui met navrae oor die rose nie.
Monty en drie dames is voltyds betrokke by die projek en hulle vertel dat hulle nou gereelde kliënte het, meestal Parysenaars. Daar is ook ’n  groot vraag vir die roosblare vir troues en begrafnisse.
Sy en die ander vroue betrokke by die projek sê baie dankie vir elkeen wat al op watter manier ookal gehelp het, of die projek ondersteun.
Mense wat wil rose koop, is welkom om Monty vooraf by 079 347 2008 te skakel.
Die Parys Flower Project is kort na die eerste Free State/Madeira Flower Festival in 2016 vir Parys gevisualiseer, en het die Vrystaatse regering R2,2 miljoen vir die projek begroot. Duisend Ludwig rose van vyf verskillende variëteite is in die twee tonnels geplant.

Links is Monty by van die prag rose. Regs is die roosblare wat ook verkoop word vir troues en begrafnisse.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button