NewsNews

Bordeel binnekort tot niet

‘n Bordeel waar die Valke 26 vroue en meisies op 16 Desember 2016 gered het, sal binnekort geslo ‘n Bordeel in Klerksdorp  waar die Valke 26 vroue en meisies op 16 Desember 2016 gered het, sal binnekort gesloop word. Die Valke se gespesialiseerde ondersoek (PCSI) eenheid het ‘n aansoek gedoen dat die gebou aan die …

‘n Bordeel in Klerksdorp  waar die Valke 26 vroue en meisies op 16 Desember 2016 gered het, sal binnekort gesloop word.

Die Valke se gespesialiseerde ondersoek (PCSI) eenheid het ‘n aansoek gedoen dat die gebou aan die staat verbeur moet word. PCSI moes bewys dat die eiendom uitsluitlik vir kriminele aktiwiteite gebruik is.

Die Valke het al twee klopjagte by die perseel uitgevoer, eers in 2016, waar 26 vroue en meisies  gered is en weer in 2017 waarna 34 vroue gered is. Tydens dié klopjagte is twee Nigeriërs  in hegtenis geneem vir mensehandel en besit van dwelms.

Die voorbereidings vir die sloping is aan die gang.

Gen. maj. Linda Mbana, provinsiale hoof van die Valke, het die nuus verwelkom.

“Na baie harde werk deur die Valke, die AFU en die NVG gaan die eiendom uiteindelik gesloop word. Ons hoop dat die sloping van hierdie eiendom die gemeenskap van Pienaarsdorp hoop sal gee, “het sy gesê.

Sy het alle betrokkenes verder bedank en die lede van die gemeenskap aangemoedig om misdaadaktiwiteite aan te meld.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button