NewsNews

49 Dood toe vliegtuig neerstort

49 Mense is dood en 22  beseer toe ‘n vliegtuig van die US-Bangla-lugredery by die Kathmandu internasionale lughawe in Nepal in ‘n oop veld langs die aanloopbaan neergestort en in vlamme uitgebars het. Illustrasie foto Volgens African News Agency was daar 71 passasiers aan boord. Manoj Neupane, ‘n polisiewoordvoerder, sê 40 van die oorledenes se …

Illustrasie foto

Volgens African News Agency was daar 71 passasiers aan boord.

Manoj Neupane, ‘n polisiewoordvoerder, sê 40 van die oorledenes se liggame was in die vliegtuigwrak vasgekeer, terwyl nege ander in die hospitaal aan hul beserings beswyk het.

Al die oorledenes is nog nie uitgeken nie.

Volgens getuies is die vliegtuig uitmekaar geskeur toe die vlieënier ‘n noodlanding wou doen.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Related Articles

Back to top button