NewsNews

Pad weer oop ná onrus oor werksgeleenthede

Die Parys/Koppies-grondpad by die kruising tussen die Schonkenville en Tumahole woonbuurte is nou weer oop nadat sowat 60 inwoners van Tumahole die pad vroeg vanoggend met brandende bande en ander voorwerpe vir verkeer versper het. Die ontevredenes het ge-eis dat hulle volgens ‘n vooraf opgestelde lys wat vroeër al oorhandig is, in diens geneem moet …

Die Parys/Koppies-grondpad by die kruising tussen die Schonkenville en Tumahole woonbuurte is nou weer oop nadat sowat 60 inwoners van Tumahole die pad vroeg vanoggend met brandende bande en ander voorwerpe vir verkeer versper het. Die ontevredenes het ge-eis dat hulle volgens ‘n vooraf opgestelde lys wat vroeër al oorhandig is, in diens geneem moet word deur die kontrakteur Razmataz wat besig is met die opgradering van die pad. Lede van die polisie se Openbare Orde Polisiëring het die situasie deurentyd gemonitor.

Daar is pas ‘n ooreenkoms bereik dat 30 van die inwoners gekies sal word volgens ‘n lootjieproses op grond van ID nommers en word verkeer weer deurgelaat. Die situasie is kalm maar ‘n saak van openbare geweld word deur die polisie geopen.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button