NewsNews

Pasgebore baba langs pad in reën gelos

Die polisie in die Vrystaat ondersoek ‘n saak van kinderverwaarlosing na ‘n pasgebore babadogtertjie deur ‘n polisiebeampte gevind is toe hy op pad werk toe was. Kapt. Molete en ‘n vrou by die babatjie. Foto: Maroela Media Volgens sers. Marin Xuma, polisiewoordvoerder het kapt. Johannes Molete van die Boithuso-polisie in Botshabelo die baba onder ‘n …

Kapt. Molete en ‘n vrou by die babatjie. Foto: Maroela Media

Volgens sers. Marin Xuma, polisiewoordvoerder het kapt. Johannes Molete van die Boithuso-polisie in Botshabelo die baba onder ‘n baadjie in ‘n oop ruimte langs die pad gevind. ‘n Taxibestuurder het kapt. Molete voorgekeer en ingelig dat hy iets opgemerk het wat in ‘n baadjie toegedraai is.

Toe kapt. Molete ondersoek instel en die baadjie oplig het die babadogtertjie daar gelê. Sy was sopnat omdat dit die hele aand gemotreën het. Haar naelstring was nog aan haar en ook bloed.

Sy is dadelik na ‘n plaaslike hospitaal geneem en in ‘n goeie toestand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button