NewsNews

Eish dis donker by die VS Wetgewer!

Dit het vandag aan die lig gekom dat Isaac Seoe, veroordeelde bedrieër en voormalige vennoot van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, die eienaar is van die gebou waarin die kantore van die Vrystaatse wetgewer gesetel is. Hoewel die wetgewer op datum is met sy huurverpligtinge aan Robs Properties, is die kragtoevoer na die gebou vandag …

Dit het vandag aan die lig gekom dat Isaac Seoe, veroordeelde bedrieër en voormalige vennoot van die Vrystaatse premier, Ace Magashule, die eienaar is van die gebou waarin die kantore van die Vrystaatse wetgewer gesetel is. Hoewel die wetgewer op datum is met sy huurverpligtinge aan Robs Properties, is die kragtoevoer na die gebou vandag afgesny aangesien Robs Properties glo agterstallige skuld het by die elektrisiteitsverskaffer, Centlec.

 

Seoe is uitvoerende direkteur van Robs Properties aan wie die gebou behoort. Die huurkontrak wat die wetgewer op 1 Junie 2017 met Robs Properties geteken het, is vir 10 jaar bindend en behels maandelikse huur van sowat R820 000.

Seoe is die afgelope week in die Vrystaatse Hooggeregshof skuldig bevind aan bedrog van R30 miljoen wat verband hou met ‘n onderwystender in die provinsie.

 

Die effek van die skuldigbevinding van Seoe, raak nou die werking van die Vrystaatse wetgewer-kantore wat Woensdagoggend 7 Maart in donkerte gehul is weens beweerde wanbetaling van elektrisiteit.

 

Belangrike werksaamhede van die wetgewer word gevolglik gekniehalter en ‘n belangrike begrotings- en oorsigkomiteevergadering asook ‘n vergadering van die swepe in die wetgewer word  oënskynlik ook geraak deur Seoe se skuldigbevinding.

 

Daar was in 2017 ook gevalle waar elektrisiteit en water na die gebou onderbreek is en die wetgewer kon toe vir dae lank nie sy funksies verrig nie.

 

Die VF Plus sê hy besorg oor die pad vorentoe vir die Vrystaatse wetgewer, aangesien daar met die mislukte Ramkraal-ontwikkeling onder Magashule se bewind, tans nie ‘n ander heenkome vir die wetgewer is nie.

 

Related Articles

Back to top button