NewsNews

Sterilisasies weer dié week by DBV gedoen

Troeteldier sterilisasies is weer Dinsdag op die Parys DBV-perseel gedoen toe tien honde en 5 katte gesteriliseer is.  Die vraag vir die Parys DBV se sterilisasie uitreikprogram is geweldig groot sedert daarmee begin is in 2017. Die sterilisasie uitreikprogram is die eerste in die Vrystaat en is aanvanklik moontlik gemaak danksy ’n gekwalifiseerde veearts van …

Troeteldier sterilisasies is weer Dinsdag op die Parys DBV-perseel gedoen toe tien honde en 5 katte gesteriliseer is.  Die vraag vir die Parys DBV se sterilisasie uitreikprogram is geweldig groot sedert daarmee begin is in 2017.
Die sterilisasie uitreikprogram is die eerste in die Vrystaat en is aanvanklik moontlik gemaak danksy ’n gekwalifiseerde veearts van Potchefstroom, dr. Elize van der Merwe, bygestaan deur ander veeartse en studente. Nog ’n  veearts, dr. Norman Datnou,  het intussen ook aan boord gekom.
Die sterilisasie projek behels dat sterilisasies van honde en katte op die DBV-perseel gedoen word, en hoewel nie gratis nie, word die koste volgens die troeteldiereienaar se inkomste bereken, en begin vanaf R250. Die rede waarom dit nie gratis gedoen word nie, is juis om seker te maak diere-eienaars neem steeds verantwoordelikheid vir hul diere. Terselfdertyd moet dit bekostigbaar wees vir alle troeteldiereienaars wat R4 500 en minder per maand verdien, en nie gewone veearts-tariewe kan bekostig nie. Die DBV het vandeesweek gesê mense wat reeds betaal het sal voorkeur kry. Mense wat navrae het oor die projek kan Amelia van Zyl skakel by 073 655 2914, of (056) 811 3671.
Naas die sterilisasies, word die diere ook ondersoek en ingeënt

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button