News

Vermoorde boer se selfoon gekry

Dirk Steenkamp, bekende boer en sakeman van die Vredefort-distrik, wat gisteroggend 4 Maart op sy plaas Tempe koelbloedig doodgeskiet is, se selfoon is gisteraand sowat 900 m van die plaas gekry waar dit in ‘n boom weggegooi is. Daar word steeds onverpoosd gesoek na Steenkamp se moordenaars asook sy 6.35mm pistool wat hy by hom …

Dirk Steenkamp, bekende boer en sakeman van die Vredefort-distrik, wat gisteroggend 4 Maart op sy plaas Tempe koelbloedig doodgeskiet is, se selfoon is gisteraand sowat 900 m van die plaas gekry waar dit in ‘n boom weggegooi is.

Daar word steeds onverpoosd gesoek na Steenkamp se moordenaars asook sy 6.35mm pistool wat hy by hom gehad het. Lede van LGV het gister reeds op die toneel ‘n 9mm patroondoppie gekry. Daar word vermoed dat dit moontik die wapen kan wees waarmee Steenkamp geskiet is.

Steenkamp is geskiet enkele meter vanaf sy woonhuis op die plaas toe hy ‘n waterpomp gaan aansit het. Hy was reeds op pad terug huistoe, toe hy geskiet is. Sy vrou, Miekie, wat in die huis was, het die skote gehoor en hulp van ‘n buurman, George Justice, gevra. Steenkamp is op die toneel gekry en was reeds dood.  Die verdagtes het dadelik na die moord  gevlug.

Talle mense het onmiddellik hulp kom verleen en toegangsroete versper, maar ten spyte daarvan het die soektog na die verdagtes teen vanoggend nog niks opgelewer nie.

Die foto is geneem op die toneel waar die selfoon gevind is laas nag.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button