NewsNews

Regering moet aandag gee aan slagting op plase

  Volgens statistiek van die Transvaalse Landbou Unie (TLU) was daar vanjaar al 42 aanvalle en ses moorde op plase.  Net hierdie week is twee bejaardes wreed vermoor.   Maandag is die 72-jarige me. Hentie van der Vyfer in haar woonhuis op ʼn plaas naby Ermelo in Mpumalanga oorval en vermoedelik verwurg.   Dinsdagaand is …

 

Volgens statistiek van die Transvaalse Landbou Unie (TLU) was daar vanjaar al 42 aanvalle en ses moorde op plase.  Net hierdie week is twee bejaardes wreed vermoor.

 

Maandag is die 72-jarige me. Hentie van der Vyfer in haar woonhuis op ʼn plaas naby Ermelo in Mpumalanga oorval en vermoedelik verwurg.

 

Dinsdagaand is die 68-jarige mnr. Hannes Christie van Coligny in Noordwes met ʼn skerp voorwerp, vermoedelik ʼn byl, doodgekap.

 

Verlede jaar was daar 423 plaasaanvalle in Suid-Afrika waarin 82 mense vermoor is. Talle mense is in die aanvalle beseer en verkrag. Dit kan aanvaar word dat talle plaaswerkers na die aanvalle werkloos gelaat is.

 

Wat verlede jaar se syfers aanbetref, kom die 423 aanvalle neer op 35,25 per maand. Meer as een elke dag van die jaar. Elke 4,3 dae is iemand op ‘n plaas vermoor.

 

Twintig jaar gelede was daar 70 000 kommersiële boere in Suid-Afrika. Daar is nou sowat 30 000 oor.

 

Die VF Plus het na aanleiding van hierdie statistieke gesê dat die party met pres. Cyril Ramaphosa aan die stuur van die regering hernieude druk op die regering plaas om plaasaanvalle tot ʼn prioriteitsmisdaad te verklaar en aktief planne te beraam om dit hok te slaan.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button