Kortbeentjie-treë na die wenstreep
Dit was moeilik om te sê waar die meeste aksie was – op die atletiekveld of by die wenstreep, want terwyl daar vanoggend met onseker treëtjies gestap of gehardloop is na die wenstreep, het opgewonde mammas, pappas, oupas en oumas, die selfoonkameras laat klik en met arms wyd oop gewag vir elke hart se punt …

Dit was moeilik om te sê waar die meeste aksie was – op die atletiekveld of by die wenstreep, want terwyl daar vanoggend met onseker treëtjies gestap of gehardloop is na die wenstreep, het opgewonde mammas, pappas, oupas en oumas, die selfoonkameras laat klik en met arms wyd oop gewag vir elke hart se punt om die wenstreep te haal. Vir sommige van die kortbeentjies was die oomblik net té veel en is daar tranerig die paar treë afgelê, of sommer plat gaan sit. Maar vir elkeen wat vandag deelgeneem het aan die jaarlikse kleuterskole-atletiek, was dit onthou-oomblikke.
Agt kleuterskole het deelgeneem en is die byeenkoms vanjaar deur Blikoortjies-kleuterskool aangebied.




