NewsNews
Koshuisverkragting-saak teruggetrek
Illustration photo Die mansstudent wat beweer het dat hy Vrydagoggend 16 Februarie na bewering in sy koshuiskamer op die NWU se Potchefstroomkampus verkrag is, het intussen die saak teruggetrek. Hy het beweer dat ‘n mede-inwoner van die koshuis tussen 04:00 en 05:00 hom in sy kamer verkrag het. Volgens hom was die verdagte glo onder …
Die mansstudent wat beweer het dat hy Vrydagoggend 16 Februarie na bewering in sy koshuiskamer op die NWU se Potchefstroomkampus verkrag is, het intussen die saak teruggetrek. Hy het beweer dat ‘n mede-inwoner van die koshuis tussen 04:00 en 05:00 hom in sy kamer verkrag het. Volgens hom was die verdagte glo onder die invloed van drank. Die verdagte, ook ’n student en inwoner van dié koshuis, is in hegtenis geneem, waarna hy op borgtog van R1 000 vrygelaat is. Hy is kort na die beweerde voorval tydelik uit die koshuis en van die kampus geskors. Volgens Louis Jacobs, NWU woordvoerder, is die tydelike skorsing van die beweerde oortreder opgehef.