NewsNews

Sien jou by Stonehenge dié naweek vir buitelewe ekspo

Daar is groot belangstelling vir All Things Adventure wat hierdie naweek,  3 en 4 Maart by Stonehenge naby Parys langs die Vaalrivier plaasvind. Dit beloof ’n naweek vol avontuur-aktiwiteite, en talle uitstallers maak vanjaar deel uit van dié buitelug geleentheid. Dit word aangebied deur MooiVaal Media en Stonehenge in Africa.Stonehenge is geleë in die wêreldbekende …

Daar is groot belangstelling vir All Things Adventure wat hierdie naweek,  3 en 4 Maart by Stonehenge naby Parys langs die Vaalrivier plaasvind.
Dit beloof ’n naweek vol avontuur-aktiwiteite, en talle uitstallers maak vanjaar deel uit van dié buitelug geleentheid. Dit word aangebied deur MooiVaal Media en Stonehenge in Africa.Stonehenge is geleë in die wêreldbekende Koepelbewaringsgebied.
Aktiwiteite sluit onder meer in ‘n avontuur motorfietskompetisie, ’n 4×4 vaardigheidsbaan, ’n alle ouderdomme “mud race”, witwaterroei, boogskiet, abseil, vlieghengel en ‘n kompetisie om jou bestuursvernuf  te toets wanneer jy geblinddoek is en jou maat jou enigste oë is.
Daar is ook ‘n kompetisie om te kyk wie die beste met ‘n waentjie agteruit kan stoot. Enige iemand kan inskryf om deel te neem en dit is vir die toeskouers ook groot pret.
Van die uitstallers bied hul eie aktiwiteite aan. Daar is genoeg speelplek vir kinders en hulle kan gerus aan die gewilde “mud race” kom deelneem.Eienaars van 4×4 voertuie kan hul voertuie en vaardighede kom toets op ’n baan wat deur ’n professionele 4×4-ryer uitgelê is. Deskundiges is teenwoordig om raad en hulp te gee en die baan is veilig om te ry vir sowel voertuig as bestuurder. Op die motorfietsbaan is daar Saterdag ’n avontuur-motorfiets- en ’n vaardigheidskompetisie en Sondag ‘n Koepel-uitrit.Talle ondernemings stal hul produkte uit, onder meer al die bekende motorvervaardigers. Die kosstalletjies en ’n biertuin gaan sorg vir die honger en dors, en die musiekverhoog sorg vir ’n verskeidenheid kunstenaars en musiek tot laat.
Dit is die perfekte geleentheid om nuwe en bestaande produkte in avontuur en buitelewe te sien of bekend te stel. Skakel Antoinette Badenhorst bedags by (018) 293 0750 vir uitstalruimte of e-pos haar na antoinette.badenhorst@mooivaalmedia.co.za
* ‘n Kort video oor sommige van die aktiwiteite wat in Februarie verlede jaar plaasgevind het, is by https://potchefstroomherald.co.za/video_of_the_day/video-things-adventure-expo/ te sien.
Aktiwiteite:
*4×4 vaardighede 3 en 4 Maart: Jacques – 083 797 6820
*Avontuur-motorfietskompetisie
3 Maart: 07:00 – 18:00
*Koepelrit
4 Maart: 07:30, Tertius 082 575 3441
*Witwaterroei: 3 en 4 Maart: 10:00 en 14:00, Juan – 082 850 4924
*Abseil 3 en 4 Maart: 10:00, 12:00 en 14:00, Tiaan – 082 924 3941
*“Mud Race”  3 en 4 Maart: 10:00 – 13:00, registrasie 09:00
3 Maart – kinders tot 17 jaar: R50
4 Maart – volwassenes: R200, Willem 073 898 3241
*Boogskietkompetisie
Leon 083 752 2141
*Motorbestuursvernuf in arena
3 en 4 Maart:
10:00 – Blinddoek-bestuur
12:00 – Waentjie terugstoot, registreer by arena.
*Vlieghengel-demonstrasie 3 en 4 Maart: Sal op terrein aangekondig word.
*Speelplek vir kinders

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button