NewsNews
‘Sindikate sit agter sulke voorvalle’
‘Hulle sal jou tot by jou huis agtervolg om die kind te kry’ Illustrasiefoto Anoniem van die Vaaldriehoek skryf: Na aanleiding van die berig in Vaalweekblad van 14 Februarie oor mans wat glo ‘n 10-jarige meisie in ‘n Vanderbijlparkse winkelsentrum by haar ma wou “koop”: Die privaatspeurder wat sê mense moet kan onderskei tussen die …
Anoniem van die Vaaldriehoek skryf:
Na aanleiding van die berig in Vaalweekblad van 14 Februarie oor mans wat glo ‘n 10-jarige meisie in ‘n Vanderbijlparkse winkelsentrum by haar ma wou “koop”: Die privaatspeurder wat sê mense moet kan onderskei tussen die werklikheid en ‘n siek grap, het seker nog nooit wakker geword en opgestaan nie.
Baie mense soos hy dink dat die misdadigers juis sulke misdade sal pleeg as almal dink daar is baie mense wat dit sal verhoed. As mense dink daar is nie sindikate wat ingaan om kinders te steel nie, maak hulle ‘n fout. Die sindikate kry ‘n beskrywing van hul kliënte van hoe die kind moet lyk. Hulle sal jou tot by jou huis agtervolg om die kind te kry. Hulle kry R500 000 en meer daarvoor. So, mnr. Anoniem, skrik wakker.