News

Ace Magashule: “VS sal my altyd na aan die hart lê”

Premier Ace Magashule wat vanaand by die VS regering se openingsrede die mense van die Vrystaat bedank het vir die geleentheid wat hy gehad het om hul te dien sedert 1994. Hy het gesê dat dit reeds algemene kennis is dat hy die Vrystaat verlaat einde Maart wanneer hy uittree as premier om sy voltydse …

Premier Ace Magashule wat vanaand by die VS regering se openingsrede die mense van die Vrystaat bedank het vir die geleentheid wat hy gehad het om hul te dien sedert 1994. Hy het gesê dat dit reeds algemene kennis is dat hy die Vrystaat verlaat einde Maart wanneer hy uittree as premier om sy voltydse taak as sekretaris-generaal van die ANC by Luthuli Huis te  verrig.

Hy het gesê die Vrystaat moet voortgaan met die beywering van radikale sosio-ekonomiese transformasie soos ook regdeur die land moet gebeur.

Hy het gesê dat hy in sy nuwe amp hom sal beywer vir die uitbou van die ANC as party maar dat die Vrystaat hom altyd na aan die hart sal lê.

Hy het gesê dat wat ookal gedoen word altyd in diens van Suid-Afrikaners moet wees om n beter lewe vir almal te verseker.

Mnr. Bruce Kannemeyer (links), munisipale bestuurder vir Ngwathe by die VS regering se openingsrede.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button