NewsNews

VF Plus nie by VS regering se openingsrede

Die Vryheidsfront Plus het Maandag 26 Februarie in ’n  verklaring aangedui dat die party die Vrystaatse regering se openingsrede  wat môre (27 Oktober) om 18:00 by die AfriDome in Parys gehou word, sal boikot. In die verklaring word gesê dat die “Vrystaat se 2018-provinsiale rede niks minder sal wees nie as ‘n oordrewe afskeidspartytjie vir …

Die Vryheidsfront Plus het Maandag 26 Februarie in ’n  verklaring aangedui dat die party die Vrystaatse regering se openingsrede  wat môre (27 Oktober) om 18:00 by die AfriDome in Parys gehou word, sal boikot.
In die verklaring word gesê dat die “Vrystaat se 2018-provinsiale rede niks minder sal wees nie as ‘n oordrewe afskeidspartytjie vir Ace Mahashule wat nie die ANC se mislukkings onder hom sal reflekteer nie, met verwysing na staatskaping in die Estina-suiwelprojek, wat Magashule as premier goedgekeur het.”
Die party sê verder dat Magashule se nalatenskap as premier nie een is wat gevier kan word nie. Sy onvermoë om die provinsie tot voordeel van sy mense te regeer en talle bewerings van ongerymdhede in die provinsie het dié provinsie groot skade aangedoen.
Die Vryheidsfront Plus sê vanjaar se rede moet fokus op kwessies soos werkloosheid, hoe die suiwelprojek aangespreek gaan word, hoe belastingbetalers se geld tot voordeel van die provinsie aangewend gaan word en nie net vir ‘n uitgesoekte politieke-elite nie, en hoe die Vrystaatse ekonomie verbeter gaan word deur volhoubare infrastruktuurontwikkeling, effektiewe munisipaliteite en regeringsdepartemente.
“Dit is alom bekend dat Magashule teen die einde van Maart sal uittree as premier van die Vrystaat weens sy voltydse verpligtinge as sekretaris-generaal van die ANC. Dit maak ‘n provinsiale rede deur Magashule betekenisloos,” meen die party

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button