NewsNews

Ace se laaste toespraak as VS premier vanaand in Parys gehoor

Dr Ace Magashule se laaste toespraak as VS premier sal vanaand 27 Februarie in Parys by die Afri Dome gehoor word met die die Vrystaatse regering se openingsrede. Dit is nog nie seker wie sy opvolger sal wees as premier ná sy verkiesing tot die nasionale uitvoerende komitee van die ANC in die pos as …

Dr Ace Magashule se laaste toespraak as VS premier sal vanaand 27 Februarie in Parys by die Afri Dome gehoor word met die die Vrystaatse regering se openingsrede. Dit is nog nie seker wie sy opvolger sal wees as premier ná sy verkiesing tot die nasionale uitvoerende komitee van die ANC in die pos as sekretaris-generaal.

Magashule sal egter wel môre aand sy uittrede aankondig en sal hy nie meer vanaf 1 April in die premierskantoor wees nie. Dit kon egter nie teen vanoggend bevestig word of president Cyril Ramphosa die VS regering se openingsrede sal bywoon nie.Hy is wel na die geleentheid genooi.

Die Vrystaatse regering se openingsrede sou aanvanklik op 20 Februarie plaasgevind het, maar is die datum geskuif na 27 Februarie.
Gazette het ook vroeër oor die Vryheidsfront Plus se vrees berig dat die openingsrede die belastingbetaler volgens die party miljoene uit die sak sal jaag vir wat gemeen word eintlik ’n afskeidspartytjie vir die Vrystaatse premier, Ace Magashule, sal wees. Parys is Magashule  se tuisdorp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Parys Gazette in Google News and Top Stories.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button